Do

12

september

Breyten 80

Perspektiewe/Perspectieven op Breytenbach op LitNet.co.za

Naar aanleiding van Breyten Breytenbachs tachtigste geboortedag hebben Yves T'Sjoen en Louise Viljoen een aantal beschouwingen over zijn poëzie op LitNet,geplaatst onder de titel Perspektiewe/Pespectieven op Breytenbach , waaronder deze van Daniél Hugo en mij.

 

Breytenbach op 80: Perspektiewe | perspectieven op Breytenbach – Daniel Hugo en Job Degenaar

Boeke en skrywers 2019-09-12

 

Breyten Breytenbach, Job Degenaar, Daniel Hugo

 

Daniel Hugo

Breyten Breytenbach en die “blindsien”: ’n bespreking van “wind uitgehang tussen wolkvlae” uit Eklips (1983)

 

Die bundel Eklips vorm deel van Die ongedanste dans (Human & Rousseau, 2005) wat ontstaan het tydens Breytenbach se gevangenskap van 1975 tot 1982. Die gedigte van Eklips is geskryf in die Pollsmoor-tronk in Kaapstad, nadat hy vanaf Pretoria se Sentrale Gevangenis daarheen verskuif is (sien die gedig “Transit”).

Die titel dui onder meer op die “ek” se verdwyning uit die gemeenskap; die verduistering van sy identiteit as sosiale wese, minnaar en publiserende digter. Dit slaan ook op die inkorting van sy sig. Binne die tronkmure is hy grootliks aangewys op sy gehoor en reuksintuig om te bepaal wat buite plaasvind. Die gevangene is letterlik en figuurlik sonder uitsig. Hy word “’n ek gekorrupteer tot blindsien met taal in die oë” (p. 59). Die taal, die gedig, neem die plek in van die regstreekse ervaring. In plaas van beelde waarneem, skep die oog beeldspraak. In Pollsmoor kan hy hom die buitewêreld en omringende natuurgebied wel goed voorstel en pragtige gedigte daaroor skryf, omdat hy as gebore en getoë Bolander die Kaapse Skiereiland met sy berge en fynbos deeglik ken.

Eklips sluit af met ’n reeks van 26 sonnette wat in 1979 geskryf is – die eerste op Nuwejaarsdag en die laaste op Oujaarsdag. Die enigste ander gedateerde sonnet is nommer 19 met die datum 16 September. Dit is natuurlik Breyten se verjaarsdag. Hy was toe veertig jaar oud, en die gedig bevat – getrou aan die tradisie van sy verjaarsdagtekste – ’n verwysing na ’n pampoen:

toe het die maan in haar swarter kwartiere weggesink
soos die drome van pampoen in die geheue begin stink

Veelseggend genoeg is die maan hier (gedeeltelik) verduister.

Die oorkoepelende titel van die sonnettereeks is “Lady One”, wat aandui dat hierdie gedigte opgedra is aan sy vrou en dus as liefdesverse gelees moet word. Hier is die eerste gedig in die reeks, met die datum “01.01.79” onderaan:

wind uitgehang tussen wolkvlae
waai opsy die dromedrogbeelde; vooruit
wil ek skryf “die maan proe na heuning
en die brood is wit wie sien sal léwe”
maar die eerste dag van hierdie nuwe jaar
het sag gebreek tussen buitjies reën; vars
is die somer gerys die berg wat ruik na wilde-als
en ander kruid; hane verdoedelsak die nag;
honde het gemomsku terwyl tortelduiwe borsvol
hul bestaan beaam soos basaartannies die hierwees
sou marskraam en die bome is vol buig; die kolgans
het sy roep laat val in die dal waar dit nog donker is:
elke bewende wese betitel sy gebied met sy kreet
en die vrees ’n kaalvreter landmeter doodweter;

As teenvoeter vir die “dromedrogbeelde” van die voorafgaande nag stel die digter hom ’n hereniging met sy geliefde voor (“vooruit / wil ek skryf”) as ’n tweede wittebrood of heuningmaan (“honeymoon”). Maar dit is in ’n sekere sin ook ’n drogbeeld, ’n onhaalbare ideaal. (In 1979 het Breytenbach nog maar net vier jaar van sy negejaarvonnis uitgedien.) Die broodbeeld word daarom op ’n ontnugterde wyse (“maar”) voortgesit in die dag wat “sag breek”. In plaas van brood wat gemeensaam tussen twee geliefdes gedeel word, breek die dag “tussen twee buitjies reën”. Verder is die berg “gerys” soos brood en geurig van kruie. Die onbereikbare liefdeservaring word dus op die natuur verplaas.

Die reëls wat handel oor die vooruitsig van ’n hereniging met sy vrou sluit met die woorde: “wie sien sal léwe”. Dit is ’n herskrywing van Jesus se uitspraak in Johannes 11:25: “Wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe.” Op daardie oomblik sien hy haar egter nie in lewende lywe nie, en vir hom geld klaarblyklik die skeptiese uitdrukking: “Sien is glo.” Dan eers sal hy weer werklik kan lewe.

Net so min as sy vrou kan hy die natuur buite die gevangenis sien. Hy kan dit wel ruik en veral hoor. Wat hy hoor, is verskillende soorte voëls – hane, tortelduiwe en ’n kolgans – wat sy onvryheid as tronkvoël pynlik beklemtoon. Die voëlgeluide word beeld- en klankryk (met alliterasie, assonansie en binnerym) weergegee. Die klanknabootsende “verdoedelsak” is ’n tipiese Breytenbach-nuutskepping.

Die gekoer van die duiwe word in ’n uitgebreide metafoor met die geklets van volborstige “basaartannies” vergelyk. Dit hou verband met die feestelikheid wat met Nuwejaar gepaardgaan en met die opelugmarkte met hul kraampies wat op daardie dag in Europese dorpe en stede gehou word. (’n Marskramer is in werklikheid ’n wandelende venter of smous). Hierdie gemoedelikheid word wel getemper deur die gegrom van die bewaarders se honde, wat met die neologisme “momsku” beskryf word. In die Nederlandse uitgawe van Eklips (Meulenhoff, 1983) verklaar Adriaan van Dis “momsku” in sy woordelys soos volg: “samentrekking van mompelen, schuw en waarschuwen”.

In die slotkoeplet van die sonnet kom die digter tot die gevolgtrekking (ná die dubbelpunt aan die einde van die vorige versreël): “elke bewende wese betitel sy gebied met sy kreet”. Dit is betekenisvol dat die vaste uitdrukking “elke lewende wese” hier herskryf word tot “elke bewende wese”. Dit eggo uiteraard die gesegde “al wat leef en beef”, maar laat val die klem op “bewende”, dit wil sê “vreesbevange” – soos wat deur die slotreël bevestig word. Daarin word die vrees beskryf as “’n kaalvreter landmeter doodweter”.

In die openingsreëls is die “dromedrogbeelde” deur die Nuwejaarswind verwaai; in die slot dring die gruwelike realiteit hom egter aan die digter op – ná die interlude van die liriese natuurbeskrywing. Die vrees is soos die sprinkaan ’n “kaalvreter”, soos die grafgrawer ’n “landmeter” en soos elke nugter mens ’n “doodweter”. Teenoor die belofte van “wie sien sal léwe” oorweldig die finale doodsbesef nou die digter.

Hierdie neerdrukkende slotgedagte word in die Oujaarsonnet van die “Lady One”-reeks op ’n byna mistieke manier gerelativeer. Die slotkoeplet – wat terselfdertyd die slotwoode van die bundel is – lui soos volg:

brand, brand saam met my, lief – te hel met verderf!
om te lewe is om te lewe, is om lewe-lewe te sterwe

En, ironies genoeg, klink Jesus se uitspraak hier weer op aangaande die gelowige wat sal lewe al het hy ook gesterwe. Die slotwoorde eggo ook die titel van een van Breyten se tronkbundels, naamlik Lewendood, en hou verband met die digter se Boeddhistiese siening van die verweefdheid van lewe en dood. Op dieselfde paradoksale wyse kan die digter tegelyk blind wees én sien.

 

 

Job Degenaar

De liefdesboodschap van Breyten Breytenbach: "Allerliefste, ek stuur vir jou ’n rooiborsduif"  

        

Allerliefste, ek stuur vir jou 'n rooiborsduif
want niemand sal 'n boodskap wat rooi is skiet nie.
Ek gooi my rooiborsduif hoog in die lug en ek
weet al die jagters sal dink dis die son.
Kyk, my duif kom op en my duif gaan onder
en waar hy vlieg daar skitter oseane
en bome word groen
en hy kleur my boodskap so bruin oor jou vel
Want my liefde reis met jou mee,
my liefde moet soos 'n engel by jou bly,
soos vlerke, wit soos 'n engel.
Jy moet van my liefde bly weet
soos van vlerke waarmee jy nie kan vlieg nie

Breytens persoonlijke omstandigheden

In de jaren zestig van de vorige eeuw woonde Breytenbach in Parijs in vrijwillige ballingschap om te ontsnappen aan het apartheidsregime van de Nasionale Party, dat steeds repressiever werd en bij hem zijn politiek-activisme aanwakkerde, waardoor hij in 1975 in grote problemen zou komen. Enkele van zijn Afrikaanse vrienden die lid waren van de verboden anti-apartheidsgroep van het African National Congress, woonden daar ook. In 1962 trouwde Breytenbach met de Frans-Vietnamese Yolande Ngo Thi Hoang Lien. Een terugkeer naar Zuid-Afrika werd daardoor onmogelijk vanwege de rassenwetgeving. De Zuid-Afrikaanse Wet op de Gemengde Huwelijken (1949) en de Ontuchtwet (1950) beschouwden een seksuele verhouding tussen mensen van een ander ras als een misdaad. 

Boeddhistische invloeden

Het gedicht “Allerliefste, ek stuur vir jou ’n rooiborsduif” verscheen in de bundel Lotus (Buren Uitgewers, Kaapstad 1970) en is een brief in dichtvorm aan de geliefde. Het boekwerk verscheen onder het pseudoniem Jan Blom (een janblom is de Zuid-Afrikaanse benaming voor “rain frog”, “regenpad”). In die tijd schreven veel Zuid-Afrikaanse auteurs onder pseudoniem vanwege de ingestelde censuur. Voor iedere literair geïnteresseerde was het destijds overigens zonneklaar dat deze dichtbundel van de hand van Breytenbach was. De bundel, waarin veel lofzangen aan de geliefde zijn opgenomen, is verdeeld in negen afdelingen, die refereren aan de negen kroonbladeren van de lotusbloem. HC ten Berge wijdt in zijn bundeling Een spreeuw voor Harriët (Atlas/Contact, Amsterdam 2018) het uitvoerige essay “De grillige lijn” aan Breytenbachs schrijverschap en ziet noties van het boeddhisme expliciet aanwezig in Lotus. Het is bekend dat Breytenbach lid was van een Soto-Zengroep in Parijs, geleid door Taisen Deshimaru. De naam van zijn geliefde, Hoang-Lien (Gouden Lotus), telt negen letters. De pad (janblom) wordt – ik citeer Ten Berge - in het boeddhisme gezien als “de minnaar van de lotus”.

Rooiborsduif

Terug naar het gedicht waarin de liefde als interne en kosmische ervaring wordt beleefd. De ik-figuur, die heel goed Breyten zelf kan zijn geweest, stuurt een vogel die de kleur heeft van de liefde, van vuur, passie, geluk, alsook van het marxisme (waar de kleur staat voor moed en opoffering). De kleur wordt bovendien veel gedragen in het boeddhisme en hindoeïsme, waar zij voor vrede en geweldloosheid staat.

Als Breyten zijn metafysische palmtortel naar zijn geliefde stuurt, stuurt hij naar mijn idee ook een boodschap naar zijn land of, nog ruimer geïnterpreteerd, naar de wereld. De duif wordt een postduif, die, zodra hij in de lucht gegooid wordt, kosmische proporties krijgt en zich als de zon gedraagt: hij komt op en gaat onder (de liefdesbode bestaat en verdwijnt, maar komt altijd weer tevoorschijn) en het effect op zijn omgeving is identiek aan dat van de zon. Oceanen gaan schitteren, bomen worden groen en hij kleurt de huid bruin. Niemand, zegt hij, zal deze roodkleurige duif – aan wie overigens in tal van culturen zelf ook symbolische waarden worden toegekend, meestal van verzoenende en mensoverstijgende aard – met zijn vredelievende, liefde- en passievolle, moedige boodschap neerhalen. De jagers die hem zouden willen neerschieten, worden misleid: ze menen dat hij de zon is. Volgens het joden- en christendom heeft God beschermengelen aan ieder volk toegewezen. De liefde die de ik-figuur voor zijn “allerliefste” heeft, moet als een beschermengel over haar waken, met witte vleugels (beschermengelen worden doorgaans met smetteloos witte vleugels afgebeeld).

Er staat meer dan er staat

Hoewel ik me bewust ben van het gevaar van inlegkunde, vermoed ik dat er méér staat dan over een particuliere liefde. Er staat niet alleen “vergeet mijn liefde niet en hoed je altijd voor namaakvleugels waarop je niet vertrouwen kunt”, een verwijzing mi naar de bijbelpassage in Deuteronomium 32, waarin de arend over zijn jongen waakt en hem op zijn gespreide vleugels draagt. Maar wellicht ook: hoed je voor vleugels die geen vleugels zijn, voor vrijheidsbewegingen die geen echte liefde en vrede brengen. Bedoelde hij hier ook het ANC van zijn vrienden, dat gezien werd als de partij die het verdorven apartheidssysteem in Zuid-Afrika zou gaan verdrijven, wat ook gebeurd is, maar waarin hij in die tijd gevaarlijke tendensen als machtsdrift waarnam? En zou hij met die misleide jagers diegenen bedoelen die ook op de persoon Breytenbach en zijn geliefde jaagden: het apartheidsbewind? Hiermee zou het gedicht meer zijn dan een boodschap van particuliere liefde, namelijk een boodschap van liefde en vrijheid aan zijn volk in een tijd van onderdrukking en geweld.

Uitreiking Lucy B en CW van der Hoogtprijs

Breytenbachs lyrische en politiek-maatschappelijke betrokkenheid zijn naar mijn oordeel niet los van elkaar te zien, versterkt door de omstandigheden waarin hij verkeerde. Bij de uitreiking van de Nederlandse Lucy B en CW van der Hoogtprijs, die Breytenbach in 1973 kreeg voor zijn bundel Lotus, zei hij onder meer dit: “Suid-Afrika is 'n land van paradokse, dit weet u reeds. Dis seker nie nodig dat ek nou hiér die mees pynlike teenstellings aanstip nie. Maar alleen die Afrikaanse taal reeds is 'n voorbeeld van die paradokse [...].  Ek glo dat die poësie soos asemhaling is, [...] na my mening is die maak van verse 'n normale liggaamsfunksie [...] Afrikaans is die taal van die slaaf, die balling, die bruinman, die matroos, die landloper, die afgesonderde boer, die mynwerker  – “plat Hollands” of “kitchen Dutch” – Afrikaans is die armblanke taal, ons eie gladde mengsel, en ek is trots dat dit so is. Maar dit is, helaas, ook die gehate taal van die verharde heerser. In die naam óók van hierdie wonderlike skip van asem word die oorgrote meerderheid van die Suid-Afrikaanse volk verneder en verdruk. [...] “Die dag van afrekening is nie meer ver in Suid-Afrika nie. Dis verskriklik, maar waar, dat die simbool van heerserskap, Afrikaans, ook daardie dag gerepudieer sal word.”

Samengevat: Breytenbach is zich bewust van het paradoxale gegeven dat hij een taal gebruikt die hij liefheeft, maar die ook de taal is van diegenen die zijn volk onderdrukken en vernederen, waardoor zijn moedertaal bij de verdrijving van het apartheidsbewind gevaar loopt in de ban te worden gedaan. Bij Breytenbach zijn taal, politiek-maatschappelijke situatie en schrijverschap nauw met elkaar verweven.

Tot slot

In het mooie, tedere “rooiborsduif-gedicht aan zijn allerliefste” predikt hij naar mijn overtuiging ook de liefde aan zijn volk en waarschuwt het voor gevaren van binnenuit. Hierdoor wint het gedicht nog meer aan waarde.

 

Zie ook: 

https://www.litnet.co.za/breytenbach-op-80-perspektiewe-perspectieven-op-breytenbach-daniel-hugo-en-job-degenaar/

 

 

 

Oor LitNet: 

Wie is ons?

LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf met Etienne van Heerden as stigter-redakteur.

Die LitNet-bestuurskomitee bestaan uit Etienne van Heerden, professor in die Skool vir Tale en Letterkundes aan die Universiteit van Kaapstad, en Bertie du Plessis van Naspers. Die LitNet-node vir geakkrediteerde akademiese skryfwerk in Afrikaans, LitNet Akademies, is 'n maatskappy sonder winsbejag. In die direksie van LitNet Akademies dien Etienne van Heerden, Jos Floor (Floor Swart Inc) en Martin Geldenhuys (Media24).